
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 13 September 2026 - Stephan Briel
Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2) · Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly. · Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme of ‘n behoefte aan goedkeuring. · Ons bly in Christus as sy hoofdoelwit van ‘n liefdesverhouding met God, ons lewens dryf. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap? · Hoe veroorsaak skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme en ‘n behoefte aan goedkeuring dat ons nie in Christus bly nie? · Op watter manier bly jy in Christus? Wat gaan jy prakties doen om in Christus te bly?

