
Episode #3503
Vlug Na Hom Toe
Send us Fan Mail 2 Timoteus 2:13 as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie. Dis nie maklik om te erken dat ons al dikwels vir God en vir onsself teleurgestel gestel het nie; ek praat nou van 'n geheime gewoontetjie, 'n skelwoord, of 'n oomblik van swakheid. En dan op ‘n dag weet ons sommer dat ons hierdie keer te ver gegaan het. In die tagtigerjare het die Amerikaanse TV-evangelis Jimmy Swaggart se morele ineenstorting die wêreld geskok. Sy bediening het oornag verbrokkel. Baie mense het hom heeltemal afgeskryf. Maar in die jare wat gevolg het, het Swaggart deur trane, berou en nederigheid sy lewe stukkie vir stukkie voor God herbou. Die skares het nooit op dieselfde manier teruggekeer nie - maar genade het wel. As jy so daaroor dink, sien jy daar is ‘n stryd tussen ons mislukkings en God se getrouheid. Tot op watter punt het ons te ver gegaan? Tot op watter punt het ons so diep geval dat God nie meer die moeite sal doen om ons te kom soek, te red en weer op te tel nie? Die apostel Paulus het daardie spanning maar alte goed geken toe hy hierdie woorde aan Timoteus, sy dissipel, geskryf het: 2 Timoteus 2:13 as ons ontrou is - Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie. Kom ons maak dit duidelik: God se karakter verander nie na gelang van ons gedrag nie. Hy verskoon nooit sonde nie - maar Hy verlaat ook nooit die sondaar wat na Hom terugkeer nie. Sy getrouheid is gegrond op wie Hy is, nie op wat ons gedoen het nie. Dis die rede waarom Jesus vir jou gesterwe het! Hy het die prys betaal vir jou. As jy dus geval het - of as jy op een of ander manier persoonlik gefaal het - moenie van Hom af wegvlug nie. Vlug na Hom toe. Want dié God wat jou geroep het, is nog lief vir jou; Hy wag nog vir jou. Onthou dat sy krag gaan juis in jou swakheid na vore kom. Hy het nie weggeloop nie... en Hy sal jou nooit verlaat nie. Dis God se Woord. Vars... vir jou...vandag. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY

