
Episode #0
'n Liefde vir die Melkman: Michelle le Roux gesels oor Twee persent
Michelle le Roux skrywer, aktrise en mede-regisseur kuier by OFM om te gesels oor haar nuwe stilistiese komiese kortprent, Twee persent. In 'n wêreld vol ouwêldse sjarme en 'n tikkie absurditeit vertel die film die verhaal van Charlotte, wat kapsie maak teen haar eie hart toe sy verlief raak op die melkman Ernest as lactose intolorent. Die film debuteer by vanjaar se kykNET Silwerskermfees, en Michelle deel hoe hierdie eenvoudige gedagte ontwikkel het in 'n volwaardige kortprent, hoe sy en Heinrich Laubscher die projek saam geregisseer het, en wat kykers kan verwag uit die verbeelde wêreld van Suville.


